Geingob, Phala Phala en ‘n staat van beskuldiging

Namibiese President Hage Geingob word daarvan beskuldig dat hy die Suid-Afrikaanse President Cyril Ramahosa gehelp het in verband met die rooftog van 4 miljoen Amerikaanse dollar op sy Phala Phala-wildsplaas. Veral opposisielede van die parlement eis dat Geingob uit sy amp verwyder moet word. Albert Kawana, die minister van binnelandse sake, het in die Nasionale Vergadering gesê daar is geen manier dat die Namibiese President eenvoudig uit sy amp kan verwyder word nie, maar hy kan wel in ‘n staat van beskuldiging geplaas word. Politieke kenner, dr. Ndumba Kamwanyah, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus dat dit moeilik is om die President in ‘n staat van beskuldiging te plaas.

Kamwanyah het ook die parlementslede ingelig oor wat hulle kan doen in dié verband.