Geingob: Ontwikkelde lande moenie net wins najaag in Afrika

President Hage Geingob het ontwikkelde lande versoek om nie net wins na te jaag in hul ontwikkelingsprojekte in Afrika nie, maar ook die menslike aspek in ag te neem. Geingob was by die VS-Afrika-leiersberaad in Washington DC deel van die paneel om geleenthede en uitdagings te bespreek wat die Amerika en Afrika in die gesig staar in die versterking van die vasteland se dinamiese digitale ekonomie. Die sessie het ook maniere ondersoek om internet-infrastruktuur uit te brei en inklusiewe, veilige en volhoubare konnektiwiteit te bevorder.