Geingob moet basiese inkomste-toelaag instel

Plaaslike media berig dat sou President Hage Geingob se plan om die voedselbank met ‘n basiese toelaag te vervang in werking gestel word, ‘n skamele 42 000 uit die meer as 800 000 Namibiërs wat honger ly, daaruit voordeel sou trek. Die Namibiese koalisie vir die basiese inkomste toelaag, plaaslik bekend as BIG, het sterk kritiek teenoor Geingob se plan uitgespreek. Volgens Rinaani Musutua van die koalisie, dui al die navorsing aan dat armoede verligting bewerkstellig kan word as elke Namibiër tussen die ouderdomme van 19 en 59 maandeliks 500 dollar ontvang. Geingob het hom sterk teen die plan uitgespreek en sê mense wat nie die geld nodig het nie, moet dit nie ontvang nie maar, navorsing toon dat op die manier, sal armes voordeel trek en verder, niemand word oorgesien nie.