Geingob maan goewerneurs om binnegevegte onder beheer te bring

President Hage Geingob tydens ‘n vergadering by Staatshuis met streeksgoewerneurs ‘n beroep op hulle gedoen om binnegevegte by streeksrade te staak. Hy het gesê hulle moet liewer saamwerk om nasiebou en dienslewering te versterk. Dit volg na berigte dat daar binnegevegte tussen raadslede by sommige streeksrade is. Khomas-goewerneur Laura McLeod-Katjirua, het namens haar eweknieë uitdagings soos ‘n gebrek aan behuising, water, padinfrastruktuur, voertuie en fondse beklemtoon.    


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *