Geen waarborg dat Hamilton met F1 voortgaan nie

Mercedes se spanhoof, Toto Wolff, sê hy kan geen versekering gee dat die sewemalige wêreldkampioen Lewis Hamilton sal voortgaan met Formule Een nie. Dit volg ná die omstredenheid by die beslissende Abu Dhabi Grand Prix waar Red Bull se Max Verstappen die bestuurderskampioenskap gewen het. Hamilton het vroeër die seisoen ‘n twee-jaar-kontrak met Mercedes geteken. Wolff sê hy hoop Hamilton gaan voort met wedrenne omdat hy die beste bestuurder van alle tye is.