Geen voorspellings oor nuwe Covid-regulasies

Die 14 dae van die nuwe Covid-regulasies is byna verby en verstryk Donderdag. As na die Covid-statistieke van die afgelope paar dae gekyk word, word gewonder of die huidige inperking verleng sal word. Die uitvoerende direkteur in die Namibiese gesondheidsministerie, Ben Nangombe, het nie voorspellings met veranderde regulasies gewaag nie, maar het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle is nie gelukkig met wat hulle in veral die strate van Windhoek sien nie.

Nangombe het ook gesê die langverwagte Covid-inentings wat bestel is, sal uiteindelik Vrydag in Namibië aankom. Hy het bygevoeg dat dit die grootste aantal dosisse is wat nog ooit ontvang is.