Geen tweede onafhanlikheidsreferendum vir Skotte 

Die Skotse regering kan nie ‘n tweede referendum oor onafhanklikheid hou sonder die goedkeuring van die Britse parlement nie, het die Britse hooggeregshof vandag beslis, wat ‘n terugslag toegedien het op nasionaliste se hoop om volgende jaar ‘n stemming te hou. Die Skotse eerste minister Nicola Sturgeon, leier van die pro-onafhanklikheid Skotse Nasionale Party, het vroeër vanjaar aangekondig sy beoog om in Oktober volgende jaar ’n raadgewende stemming oor onafhanklikheid te hou, maar dat dit wettig en internasionaal erken moet word.