Geen terugvoer aan Okahandja se Onwettige Informele Nedersetting-inwoners

Die inwoners van die Onwettige Informele Nedersettings op Okahandja het die Okahandja-munisipaliteit versoek om aan hulle eienaarskap te gee van die grond wat hulle tans beset. Honderde gemeenskapslede van Okahandja se informele nedersettings het in Mei ’n vreedsame betoging gehou waarin hulle grond en beter dienslewering geëis het. Sydney Gariseb, woordvoerder van die groep, het gesê nadat hulle hul petisie aan die dorpsraad oorhandig het, is geen terugvoer tot op hede aan hulle gegee nie. Hulle het ook die munisipaliteit versoek om hulle wil nie “onwettig” te noem nie. Gariseb het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.