Geen sekuriteit by SA-parlement oor naweke, vakansiedae nie

Die waarnemende sekretaris van die Suid-Afrikaanse parlement, Baby Tyawa, het bevestig sekerheidsbeamptes is nie op die terrein oor naweke en tydens openbare vakansiedae op diens nie. Sy sê die werkers is op rotasieskofte in die lig van die Covid-19-pandemie. Tyawa het aanlyn voor die parlement se gesamentlike finansiële bestuurskomitee verskyn om te verduidelik hoekom daar nie sekerheidspersoneel op die perseel was toe die vernietigende brand op Nuwejaarsdag uitgebreek het nie.