Geen rede hoekom Cele nie afgedank moet word nie

Die DA sê hy voer reeds lank aan daar is geen goeie rede waarom President Cyril Ramphosa die minister van Polisie, Bheki Cele, steeds in die Parlement hou nie. Die minister het onder skoot gekom nadat die nasionale polisiekommissaris, Kehla Sitole, afgedank is. Andrew Whitfield van die DA sê daar is vyf redes waarom Cele afgedank moet word: Sy hantering van verlede jaar se Julie-onluste, die ontwapening van wetsgehoorsame burgers, die DNS-agterstand, die chaos by misdaadintelligensie en sy mislukking om ‘n doeltreffende landelike veiligheidsplan in te stel: