Geen ongerymdhede met DBN se Covid-verligting nie

Daar is gerugte dat die verligtingsmaatreëls wat deur die Ontwikkelingsbank van Namibië daargestel is tydens die pandemie, onregmatig gebruik is. Volgens die gerugte, handel die misbruik oor die fondse wat vir toerisme en die gasvryheidsbedryf beskikbaar was. Sommige is van mening dat groot maatskappye soos Gondwana onregverdig voordeel getrek het terwyl die fondse vir kleinsake was. Die uitvoerende hoof van die bank, Martin Inkumbi sê daar was geen ongrymdhede in die besteding van die fondse nie.

Hy voeg by daar was geen beperking op die grootte van die maatskappy wat voordeel kon trek nie.

En Gondwana se skakelbeampte, Inke Stoldt het die maatskappy se kommentaar so verwoord.