Geen litium en ander minerale mag uitgevoer word nie – kabinet

Die Namibiese kabinet het ‘n verbod op die uitvoer van sekere kritieke minerale soos onverwerkte litium-erts, kobalt-mangaan, grafiet en seldsame aardmetale goedgekeur. Kleiner hoeveelhede van dié minerale mag toegelaat word om uitgevoer te word, maar volgens oorweging deur die ministerie van myne en energie en onderhewig aan die bekragtiging van die kabinet. Volgens die ministerie is die grootste klagtes die tekort aan voordele vir die gemeenskap, asof die buitelanders eenvoudig inkom en die bronne ontgin met geen insette in die plaaslike ekonomie nie. Die Chinese litium-mynmaatskappy Xinfeng Investments was onlangs in die nuus nadat sy regsfirma ʼn dringende aansoek voor die hoërhof gebring het om minister Tom Alweendo se herroeping van hul mynboulisensie buite Omaruru, tersyde te stel.