Geen keer aan die Blitsbokke nie

Die Blitsbokke is vir die agtste keer die Doebai-Sewes-kampioene. Hulle het die titel
verower na hulle Amerika in die eindstryd ‘n deeglike loesing gegee het. Die Suid-
Afrikaners het met 42-7 gewen na hulle teen rustyd met 21-0 voorgeloop het. Ronald
Brown, wat as speler van die wedstryd aangewys is, het ‘n driekuns behaal. Daar was
ook drieë deur JC Pretorius, Selvyn Davids en Shaun Williams. Die Blitsbokke het nou
drie agtereenvolgende Sewes-titels die seisoen ingepalm.