Geen gips in hospitaal

Die DA in Gauteng sê pasiënte in die Thelle Mogoerane-hospitaal in Vosloorus, Ekurhuleni, ly tans omdat daar geen gips is om gebreekte ledemate en beenfrakture mee te behandel nie. Die hospitaal het sedert April ‘n tekort aan hierdie basiese mediese produk. Die DA-lid, Jack Bloom, sê gips word gebruik om gebreekte bene te beskerm en beweeglikheid te keer, maar dokters in die ortopediese departement kan slegs verbande gebruik wat geen ondersteuning bied nie.