Geen geheime stemming oor Artikel 194-verslag

Die speaker van die Nasionale Vergadering in die buurland, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het die African Transformation Movement en die UDM se versoek vir ‘n geheime stemming oor die Artikel 194-verslag van die hand gewys. Die verslag wat aanbeveel die geskorste Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, moet uit haar amp verwyder word, is komende Maandag voor die Nasionale Vergadering vir finale goedkeuring. Die Parlement se woordvoerder, Moloto Mothapo, sê die speaker het die saak deeglik oorweeg en tot die besluit gekom: