Geen geheime stemming in NV oor Phala Phala-verslag

Die speaker van die Nasionale Vergadering in die buurland, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het versoeke dat lede in die geheim oor die Phala Phala-verslag stem, van die hand gewys. Parlementslede stem vandag of daar voortgegaan moet word met ‘n ampsklag teen president Cyril Ramaphosa. Die verslag het bevind die president het moontlik sy ampseed geskend deur sy optrede ná die diefstal in 2020 op sy Phala Phala-plaas in Limpopo. Die parlement se woordvoerder, Moloto Mothapo, sê die speaker het ‘n grondwetlike verantwoordelikheid om ‘n omgewing van aanspreeklikheid te skep te midde van deursigtigheid en openlikheid.