Geen duidelikheid of Nam ook dalk van VK se rooilys af of nie

Die Verenigde Koninkryk is volgens berigte van plan om moontlik vandag al die 11 lande, insluitend Suid-Afrika, van sy Covid 19-reisverbodlys te haal. Die Britse hoë kommissariaat in Windhoek kon nie bevestig of Namibië ook op die lys is nie. Intussen lei berigte uit die buurland dat die eerste minister, Boris Johnson, na bewering bereid om die verpligte verblyf van tien dae in kwarantyn-hotelle vir burgers en inwoners wat van Suid-Afrika terugkeer terwyl ander reisigers uit hierdie land verbied word, op te hef. Die verbod het groot druk op Namibiese toerisme geplaas met berigte van verliese van meer as 2 miljoen dollar wat in ‘n week verloor is.