Geen drinkwater vir vee by Oponona-meer in Noorde

Oponona-meer by Uuvudhiya in die Oshana-streek in die Noorde is al weer leeg en daar is geen drinkwater vir vee nie. Boere in die streke van Oshana en Omusati stuur ‘n noodkreet uit dat water uit die Oshandja-dam in Omusati na die meer gepomp word. Drie jaar gelede tydens die droogte het NamWater water vanaf die dam na Uuvudhiya oorgepomp om beeste te red. Die natuurlike Oponona-meer is sowat 70 kilometer vanaf die Etosha-panne geleë en die grootste meer in die Cuvelai-opvangsgebied. ‘n Kleinskaalse boer in die Ondangwa landelike kiesafdeling in die Oshana-streek, Ileni Nandjato…