Geen Covid-sterftes in Namibië aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het vandag vir die eerste keer na 19 April geen sterfgevalle aangemeld nie. Altesaam 184 nuwe gevalle is uit 1 345 toetsuitslae aangekondig, wat ‘n positiewe koers van 14 persent verteenwoordig. In die groep is 98 leerders, tien onderwysers en vyf gesondheidswerkers. Daar is nou 2 678 aktiewe gevalle, waarvan 177 in hospitale is en 27 in intensiewesorgeenhede. Die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, geen die jongste Covid-syfers.