Geen Covid-sterftes aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het vandag geen Covid-sterftes aangemeld nie, maar 61 nuwe gevalle uit 1 980 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 3,1 persent verteenwoordig. In die groep is 46 leerders, wat 75 persent van alle gevalle verteenwoordig. Daar is nou 1 203 aktiewe gevalle, waarvan 77 in hospitale is en 11 in intensiewesorgeenhede.  ‘n Totaal van 193 156 mense is ten volle teen Covid ingeënt.