Geen Covid-sterftes, 49 gevalle

Die Namibiese gesondheidsministerie is verheug om vandag geen Covid-sterfgevalle aan te kondig nie. Daar is 49 nuwe gevalle uit 1 206 toetsuitslae wat ‘n positiewe koers van vier persent verteenwoordig. In die groep is twaalf leerders van verskillende skole. Daar is nou 2 306 aktiewe gevalle waarvan 170 in hospitale is en 23 in intensiesorgeenhede. Altesaam 220 781 mense het hul eerste dosis Covid-enstof ontvang, terwyl 126 882 hul tweede dosis ontvang het. Die adjunk-gesondheidsminister, dr. Esther Muinjangue, geen die jongste Covid-syfers.