Geen borgtog vir Jandre Dippenaar
Jandre Dippenaar, wat skuldig bevind is op onder andere ses klagte van moord, is in die Swakopmund streekshof borgtog geweier hangende sy appèl teen sy skuldigbevinding en vonnis. Hy is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis. Dit was na die noodlottige ongeluk op 29 Desember 2014 net buite Hentiesbaai, waarin ses mense gesterf het. Net Dippenaar en Antonia Joschko het die ongeluk oorleef. Joschko se ouers en suster is in die ongeluk dood. Landdros Vicky Nikolaidis was op die bank.