Geen bewys van geslagsgeweld tydens verwydering van EFF-LP’s in parlement

Die parlement in die buurland het bekend gemaak ʼn onafhanklike ondersoek na bewerings van geslagsgeweld en seksuele teistering tydens die verwydering van lede van die EFF, is afgehandel. Die parlement bevestig in ʼn verklaring die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het ʼn verslag deur advokaat Elizabeth Baloyi-Mere ontvang. Dit bevestig die verwydering van EFF-lede is gekenmerk deur geweld aan albei kante nadat die lede geweier het om aan die speaker se instruksies gehoor te gee. Die verslag het bevind Mapisa-Nqakula het elke reël nagekom.