Gee alle skole digitale hulpbronne: Nanso president
Die president van die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso, Dorthea Nangolo, doen ‘n beroep op die regering om te verseker dat alle skole regoor die land toegang tot digitale hulpbronne en vaardighede het. Nangolo het tydens Internasionale Jeugdag-vieringe in Windhoek gepraat. Nangola sê in ‘n wêreld waar tegnologie die ruggraat van vooruitgang is, moet jongmense aan die voorpunt wees van ‘n era wat deur die digitale revolusie gedefinieer word. Sy sê daar is ‘n behoefte vir die regering om jongmense te ondersteun wat deur innoverende idees in die digitale era gedryf word.