Gedenkdiens gehou vir gestorwe mynwerkers

Impala Platinum hou ‘n gedenkdag in Rustenburg, Noordwes, ná die tragiese voorval waarin 13 mynwerkers gesterf het. ‘n Hyser met 86 mynwerkers het 200 meter in ‘n skag van die myn getuimel. Die myn se bestuur het bevestig 50 werknemers is steeds in die hospitaal waarvan agt in ‘n kritieke toestand is. Die die name van die slagoffers sal ook by die gedenkdiens bekend gemaak word.