Geboeide Indiërs ontsnap uit ‘skuldslawerny’

Ongeveer ʼn dosyn geboeide werkers is in Indië gered waar hulle 12 uur per dag sonder betaling putte moes grawe. Dit het weer die soeklig laat val op gebonde arbeid, ook bekend as “skuldslawerny”, wanneer skuldenaars moet werk om kontant-voorskotte terug te betaal, met rente wat bly styg. Die Nasionale Mensregte-kommissie sê 11 arbeiders in die staat, Maharashtra, is vrygelaat nadat een sy boeie losgekry en die polisie ontbied het. Hulle is geboei om hulle te verhinder om te ontsnap en het net een keer per dag kos gekry.