Gbs-klub kan nie sê oor Human-ongeluk nie

Die Gobabis Motorfiets-klub het ‘n verklaring uitgereik in verband met die noodlottige ongeluk van motorfietsryer Gideon Human en die ernstige besering  van ‘n amptenaar op 30 April. Lede van die publiek het gereageer op die voorval en daar is verskeie menings gelig en teenstrydige berigte van presies wat gebeur het. Plaaslike nuusagentskappe sê ‘n lid van die polisie, wat ‘n amptenaar was en die roete op die tydren moes oophou, het na bewering voor Human ingery. Human se familie het ook reeds ‘n beroep gedoen op getuies wat op die toneel was om enige beeldmateriaal met hulle te deel. Volgens Bertie Smith, die klub se president, werk hulle nou saam met owerhede en is geadviseer dat die saak op die oomblik sub judice is en dus, kan hul geen amptelike verklaring maak nie. Smith het sy medelye aan Human se familie uitgespreek.