Gaza roep Duitse volksmoord-herinneringe in Namibië op

Namibië het vandag ‘n mondelinge verklaring by die die Internasionale Hof van Justisie in Den Haag, Nederland, aangebied oor die Israel-Palestina kwessie. Die justisie-minister, Yvonne Dausab, het gesê die aanvalle op Palestyne in Gaza roep pynlike herinneringe op van die volksmoord wat Duitsland op Namibiërs uitgevoer het. Namibië en ander lande, insluitend Suid-Afrika, wil hê die hof moet Israel se besetting van Palestynse gebiede onwettig verklaar. Dausab sê inwoners van Gasa is met geweld uit hul huise verplaas.