Gaza: Biden soek stappe vir skietstilstand

Die Withuis sê President Joe Biden het aan die Israelse Eerste Minister, Benjamin Netanyahu, gesê hy verwag ‘n beduidende afname in geweld op die pad na ‘n skietstilstand. Die Withuis sê die twee leiers het ‘n omvattende gesprek gevoer oor die stand van sake in Gaza, Israel se vordering om Hamas se bedrywighede te beperk, asook ander terrorisme-kwessies. Meer as 200 mense waaronder minstens 100 vroue en kinders is in Gaza dood en minstens 12 in Israel, te midde van toenemende spanning tussen Israel en die Palestynse staat.