Gautengse regering neem inentingsveldtog na werksplekke

Die Gautengse regering neem nou die inentingsveldtog na die werksplek. Vuyo Mhaga, woordvoerder van die Gautengse premier, David Makhura, sê die werkersklas in die provinsie wat nog nie ingeënt is nie, sal nou in die werksplek toegang hê tot die entstof. Mhaga het gesê die maatskappy moet ten minste 50 oningeënte werknemers hê, voordat ‘n opwip-inentingsperseel ontplooi sal word.

Mhaga sê die doel is om die ekonomie te heropen en om mense in te lig rondom inenting.