Gautengse regering moet vinniger betalings aan klein besighede maak

Die Gautengse regering word beskuldig dat hy voete sleep met die betaling van kleiner besighede. Volgens die DA in die provinsie, veroorsaak dit verdere finansiële frustrasie vir honderde huishoudings. ‘n Onlangse verslag deur die Nasionale Tesourie het bevind 50 persent van betalings in 2020-2021, was ouer as 30-dae. Dit beloop meer as 14 miljard Suid-Afrikaanse rand wat laat betaal is. Adriana Randall van die DA sê besighede het die reg om betyds betaal te word: