Gautengse regering doen sake met veroordeelde kriminele

Die DA in Gauteng sê sakeondernemingswat aan strafregteike oortredings skuldig bevind is, word steeds toegelaat om met die provinsiale regering sake te doen. Corruption Watch sê in ‘n verslag geen sake-name is op die tender-wanbetaler-lys nie, ten spyte van ‘n enorme hoeveelheid korrupsie sedert die begin van die Covid-19-pandemie. Hieroor is die DA baie bekommerd. Adriana Randall van dié party het in die wetgewer vrae aan die LUR vir Finansies, Nomantu Nkomo-Ralehoko, gestel oor ondernemings op ‘n swartlys wat steeds met die regering sake doen: