Gautengse prokureur wat aangekla is van aanhitsing, kry borg van R3 000

‘n Gautengse prokureur wat aangekla word dat hy geweld aangehits het tydens die onlangse onluste moet weer vroeg volgende maand in die Johannesburgse landdroshof verskyn. Hy is vrygelaat op borgtog van 3 000 rand. Ike Khumalo is verlede maand in hegtenis geneem en aangekla van aanhitsing tot geweld en brandstigting, en oortreding van die Wet op Kubermisdaad. Hy het na bewering sy aanhangers op sosiale media aangemoedig om eiendom te beskadig en politici aan te val. Khumalo het in ‘n beëdigde verklaring aan die hof gesê hy is bereid om al sy sosialemedia-rekeninge te sluit tot die saak afgehandel is.