Gautengse premier bevestig groepsgeding oor tenkwa-ontploffing

Gautengse premier Panyaza Lesufi sê sommige van die slagoffers van die tenkwa-ontploffing in Boksburg oorweeg of het reeds ‘n groepsgeding begin. Die sterftesyfer het intussen tot 40 gestyg nadat die gas-tenkwa wat van KwaZulu-Natal na Botswana op pad was, op Oukersdag ontplof het toe dit onder ‘n brug vasgesit het. Lesufi sê dit is die families se reg om enige roete binne die regstelsel te volg.