Gautengse Drankforum hou nagweerk ter ere van taverne-slagoffers

Die Gautengse Drankforum beplan ‘n kerslig-nagwaak ter herinnering aan die slagoffers van die onlangse taverne-skietvoorvalle in die provinsie. Die diens vind Donderdag van 12-uur die middag tot een-uur die nag in Orlando-Oos plaas. Die woordvoerder van die forum, Fanny Mokoena, sê die nagwaak sal ook baie aandag gee aan die ander taverne-aanvalle wat in die bedryf voorgekom  het. Mokoena sê die forum doen ‘n beroep op die minister van polisie, Bheki Cele, en die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, om saam te werk om gemeenskappe veilig te maak.