Gautengese LUR vir ondewys ontken hy is nie ten gunste van moedertaalonderrig

Die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, het die DA se aantygings ontken dat hy nie ten gunste is van moedertaalonderrig in skole nie en die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys hiervoor gebruik. Hy sê die BELA-wetsontwerp is ‘n nasionale beleid wat nie uitsluitlik op die provinsie van toepassing is nie. Die parlement het die spertyd vir kommentaar verleng tot 15 Augustus. Lesufi sê die staat se regs-raadgewers gaan die wetsontwerp na om nakoming van beleid en die reg te verseker.