Gauteng se verslae oor uitgawe van persoonlike beskermende toerusting nog uitstaande

Die DA sê die provinsiale regering in Gauteng vermy aanspreeklikheid teenoor belastingbetalers omdat hy versuim om verslae oor uitgawes vir die verkryging van persoonlike beskermende toerusting bekend te maak. Dit volg nadat die LUR vir finansies, Nomantu Nkomo-Ralehoko, beweer het verslae oor Covid-uitgawes vir Februarie en Maart is nog nie bekend gemaak nie weens prosesse aan die einde van die boekjaar. DA-lid Adriana Randall sê dit wil voorkom asof die regering aanwysings van die Nasionale Tesourie, wat verlede jaar gepubliseer is, verontagsaam.