Gauteng meld 1 339 gevalle van kindermisdhandeling aan

Die DA in Gauteng is ontsteld omdat 1 339 gevalle van kindermishandeling tussen Januarie verlede jaar en April vanjaar by die provinsiale departement maatskaplike ontwikkeling aangemeld is. Refiloe Ntsekhe van die DA sê 656 hiervan het gehandel oor seksuele misbruik, terwyl opsetlike verwaarlosing in 220 gevalle voorgekom het. Emosionele mishandeling was betrokke by 160 van die gevalle, 13 het gehandel oor verlating en daar was ook ‘n geval van kinderarbeid en van kinderhandel.