Gauteng gaan straat-tot-straat-gesondheidsveldtog hou

Die Gautengse LUR vir gesondheid, Nomathemba Mokgethi, gaan binne die volgende paar weke ‘n straat-tot-straat-gesondheidsveldtog van stapel stuur. Sy het die departement van gesondheid se begroting vir die 2022/23-boekjaar voorgelê. Mokgethi sê die veldtog sal die departement help om basiese dienste na gemeenskappe te neem. Sy sê dit sluit in tuberkulose-sifting, MIV-berading, -toetsing en -bestuur, hoë bloeddruk-sifting en onderrig.