Gates-stigting, Katar skenk N$200 miljoen aan boere om klimaatsverandering te beveg

Die Gates-stigting en Katar gaan gesamentlik meer as 200 miljoen Namibiese dollar belê om boere in ontwikkelende lande te help voorberei om aan te pas by klimaatsverandering. Die vennootskap se doelwit is om lae-inkomste boere in dele van Afrika voor te stel aan dubbeldoelige hoenders, wat grootgemaak word vir beide voedsel- en eierproduksie. Die belegging gaan fokus op klimaatsaangepaste boerderymetodes en tegnologie vir gemeenskappe wat afhanklik is van landbou vir voedsel en ‘n inkomste.