Gasvryheidsbedryf reageer op verslapte maatreëls in buurland

Die Restaurant-vereniging van Suid-Afrika sê die land se skuif na vlak twee en die aanpassing van die aandklokreël is ‘n welkome verligting vir die restaurantbedryf. Die aandklokreël sal van vandag af snags van elfuur tot soggens vieruur geld. Nie-noodsaaklike ondernemings soos restaurante, kroeë en gimnasiums moet saans teen tienuur sluit. Die bestuurshoof van die vereniging, Wendy Alberts…

Winkels kan ook van vandag af van Maandag tot Vrydag soggens van tienuur tot saans om sesuur drank vir tuisverbruik verkoop. Die sameroeper van die Nasionale Raad vir Drankhandelaars, Lucky Ntimane, sê egter dit sal nie ‘n verskil maak nie: