Garcia raap belangrikste titel van haar loopbaan op

Caroline Garcia van Frankryk het Aryna Sabalenka van Belarus met 7-6 en 6-4 geklop en só die eindstryd van die WTA-reeks in Fort Worth, Texas, gewen en daarmee die belangrikste titel van haar loopbaan opgeraap. Dit het die 29-jarige speler 27,89 miljoen Namibiese dollar en 1 375 ranglyspunte in die sak gebring. Garcia, wat die jaar as die wêreld se nommer vier afsluit, sê dit was ‘n ongelooflike seisoen waarin sy vier titels gewen het: