Ganja Users sal betoog, maar sonder buitelanders

Die kantoor van die ombudsman stem saam met die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie dat die optog deur die Ganja Users of Namibia, sou dit buitelanders insluit, ‘n bedreiging vir die land se soewereiniteit, integriteit, sekuriteit, openbare orde en morele waardes wees. Die polisiehoof luitenant-generaal Joseph Shikongo het om die rede vir optog op 10 Desember verbied. Die sekretaris-generaal van die Ganja Users of Namibia, Borro Ndungula sê hulle sal by die besluit staan. Ndungula het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.