Gaan Israel troepe in Libanon in stuur?
Israel se premier, Benjamin Netanyahu, sê Hezbollah in Libanon word harder getref “met houe waaraan hy nooit gedink het nie”. In ’n videoboodskap sê Netanyahu dat hy nie in detail kan ingaan oor alles wat hulle doen nie, maar sê die weermag is vasbeslote om inwoners in die noorde veilig na hul huise terug te stuur. Dit volg na die Israeliese militêre hoof Herzi Halevi aan troepe gesê het dat uitgebreide lugaanvalle teen Hezbollah-teikens in Libanon voorbereiding is vir hulle om vyandsgebied binne te gaan. Volgens analiste dui dit daarop dat Israel van plan is om Libanon binne te val.