Gaan hospitaal toe as jy Covid-simptome het

Die uitvoerende direkteur in die gesondheidsministerie, Ben Nangombe, het ‘n beroep op lede van die publiek gedoen om mediese hulp te soek indien hulle Covid-simptome het. Volgens Nangombe is daar ses sterftes tussen 25 en 31 Oktober aangemeld en die helfte het by die huis plaasgevind. Hy sê die hoeveelheid sterftes wat by huise bevestig word is te hoog. Die meeste kom in plekke soos Katima Mulilo, Grootfontein, Gobabis, Rundu en Opuwo voor. Tans kom 83 persent van sterftes in volwassenes ouer as 60 voor.