G20 lok kritiek uit vir afgewaterde verklaring oor klimaat

Leiers van die wêreld se 20 grootste ekonomieë het in die aanloop tot die G20-beraad in Glasgow, betekenisvolle en doeltreffende klimaatsoptrede belowe, ondermeer ‘n onderneming om globale temperatuurstygings tot 1,5 grade Celsius te beperk. Die G20-blok is verantwoordelik vir ongeveer 80 persent van die wêreld se kweekhuisgasvrystellings. In ‘n amptelike verklaring het die G20-leiers ook daartoe verbind om internasionale openbare en private finansies aan te wend vir die ontwikkeling van groen, inklusiewe en volhoubare energie. Greenpeace het die verklaring egter afgemaak as swak en sonder ambisie en visie.