Fukushima: Japan wend hom aan handelsorganisasie oor Chinese verbod

Japan meen die Chinese verbod op sy seekos is onaanvaarbaar. Die land het sy teenargument van China se kennisgewing op 31 Augustus, nou by die Wêreldhandelsorganisasie ingedien. China het ‘n verbod op Japannese seekos ná die vrystelling van behandelde water uit die Fukushima-kernkragaanleg ingestel. Japan sal vandeesmaand die veiligheid van die vrygestelde water by diplomatieke forums verduidelik, insluitend die Asean-beraad in Indonesië en G20-beraad in Indië. Die water is in oorleg met die Internasionale Atomiese Energie-agentskap behandel en word tans vrygelaat.