FTX is as Bankman-Fried se koninkryk bestuur

FTX is bestuur as die persoonlike koninkryk van sy voormalige uitvoerende hoof, Sam Bankman-Fried. Dit is volgens prokureurs vir die nou bankrot kripto-beurs. Hulle voeg by vermiste bates, en herhaalde kuberaanvalle ook deel van die uitdagings is. Die beurs het onlangs aansoek gedoen om bankrotskap na meer as 6 miljard Amerikaanse dollar in kripto-bates onttrek is toe Binance sy aanbod om die beurs te koop, teruggetrek het. Die ineenstorting het na raming ‘n miljoen krediteure verliese van miljarde dollar veroorsaak. Die regsverteenwoordigers sê in die lig van die kuberaanvalle en vermiste bates is dit moeilik om die beurs as ‘n sake eenheid te verkoop.