FTX bestee US$121m op Bahamas-eiendomme

Sam Bankman-Fried se FTX-beurs, en sy ouers en senior bestuurders van die mislukte maatskappy het die afgelope twee jaar minstens 19 eiendomme ter waarde van byna 121 miljoen Amerikaanse dollar in die Bahamas gekoop. Die meeste aankope was luukse strandhuise, insluitend sewe woonstelle in ‘n duur buurt genaamd Albany, wat byna 72 miljoen dollar gekos het. Die aktes wys hierdie eiendomme, wat deur ‘n eenheid van FTX gekoop is, sou as “woning vir sleutelpersoneel” van die maatskappy gebruik word. Die beurs se aansoek om bankrotskap twee weke gelede het kripto-markte in chaos gedompel.