Freedom Under Law: Tree op teen Regter-president John Hlope

Die Suid-Afrikaanse organisasie, Freedom Under Law, sê die Openbare Beskermer, Busisiwe Mhkwebane, het haar kantoor verwikkel in regstryde wat nie verband hou met haar grondwetlike verpligtinge nie. President Cyril Ramaphosa het haar dié week geskors hangende ʼn ondersoek na haar geskiktheid om die pos te beklee. Freedom Under Law se voorsitter, Johann Kriegler, het Ramaphosa ook versoek om op te tree teen die Regter-president van die Wes-Kaap, John Hlope. Volgens hom het Hlope reeds 14 jaar gelede probeer om twee regters van die Konstitusionele Hof ten gunste van oudpresident, Jacob Zuma te beinvloed.